Spreuke
16:3 Laat wat jy doen, aan die Here oor,
dan sal jou voornemens geluk.
Onlangs
filosofeer ek en ‘n vriendin oor die lewe.
Ons wonder hoekom mense geluk probeer najaag. Vir party lê geluk in ‘n verhouding… hulle
soek net die regte maat. Vir ander lê
dit in nog besittings… daar is altyd nog iets wat hul moet koop of besit… En
vir sommige lê dit in sukses… sukses met hul besigheid, finansies, verhoudings…
werksbevrediging…
Geluk
het dus verskillende waardes vir verskillende mense. Tog kan ons nie anders as om te wonder hoekom
hierdie najaging nooit regtig ophou nie.
Sodra iemand ‘n doelwit behaal het wat hul geluk behoort te bring, jaag
hul ‘n volgende doelwit na. Hoe meer hul
geluk najaag, hoe meer word hul gejaag.
Waarom?
Is dit
omdat ons idee van geluk verkeerd is?
Hoekom is dit dat ‘arm’ mense dikwels meer lag en gelukkig voorkom as
diegene wat veronderstel is om suksesvol te wees en op die oog af alles het wat
hul nodig het… en dalk nog meer?
Die
slotsom waartoe ons gekom het, is eenvoudig.
Geluk kan nie nagejaag of gesoek word nie, want dit is nie ‘iewers’
nie. Ander kan jou ook nie gelukkig maak
nie. Geluk is binne jouself. Wanneer jy gelukkig is met wie jy is en waar
jy is, dan het jy vrede en daardie vrede wat alle verstand te bowe gaan, is
ware geluk.
No comments:
Post a Comment