Openbaring
21 : 8 “Maar dié
wat bang en ontrou geword het, die losbandiges, moordenaars en onsedelikes,
bedrieërs en afgodsdienaars en al die leuenaars, hulle lot is die poel wat met
vuur en swael brand, dit is die tweede dood.”
Daar
is steeds mense wat glo daar is nie ‘n hel nie.
Of hul glo dat hel hier op aarde is. Die hel op aarde word deur mense
veroorsaak en glo my, dit kan nie eens amper vergelyk word met die ewige hel
van God nie.
As
jy jouself al gebrand het, sal jy weet dat dit bitter seer is en dat die pyn
baie lank voortduur. In die hel, gaan jy
vir ewig brand. Die pyn sal nooit
weggaan nie. Jy gaan smag na water, maar
daar sal niks wees nie. Jy sal uitroep
tot God, maar Hy is nie daar nie… net die ewige verdoemenis.
Genadiglik
is daar hoop, want almal kan gered word. Psalm 103:8
Barmhartig en genadig is die Here, lankmoedig en vol liefde.
Dit
is nie maklik nie en dit gaan opoffering en volharding verg, maar die beloning is
die hemel. Matteus 7 : 13 – 14 “Gaan deur die nou poort in. Die poort wat na
die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en dié wat daardeur ingaan,
is baie. Maar die poort wat na die lewe
lei, is nou en die pad daarheen smal, en dié wat dit kry, is min.”
Ongelukkig
is die hemel vir slegs ‘n klein groepie beskore, hulle vir wie hul hele lewe om
God draai. Ook vir jou is daar steeds
hoop. God wil nie dat een siel verlore
gaan nie. Jesaja 55 : 7 het die
antwoord: Die goddelose moet sy verkeerde
pad laat staan, die slegte mens sy slegte planne. Hy moet hom tot die Here
bekeer, dan sal Hy hom genadig wees; hy moet hom tot ons God bekeer, Hy vergewe
altyd weer.
Die
breë pad is die maklike pad, want dis soveel pret en jy hoef niks op te offer
nie. Niks wat die moeite werd was, was
egter nog ooit maklik nie. En om die smal
pad te loop is nie opoffering as jy God eers leer ken het nie. Om die waarheid te sê, daarna het jy geen
behoefte aan wêreldse genietinge nie. Jy
dors na God en jy sien met blymoedigheid uit na die dag dat jy Hom van aangesig
tot aangesig sal aanskou.
No comments:
Post a Comment