1 Johannes
1:8 As ons beweer dat ons nie sonde het
nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie.
As
daar nou een ding is waarmee ons goed is, is dit om onsself te
verontskuldig. Ek is nie sondig nie,
want ek doen nie wat hy/sy doen nie… Aag, dis net ‘n pen – die maatskappy sal
dit nie eens mis nie… Ek is elke Sondag in die kerk…Dis net ‘n ou witleuentjie… Ons regverdig ons sonde op soveel maniere dat
ons later glo ons is spierwit skoon en rein van enige sonde.
‘n
Baie oulike aanhaling het my aandag getrek:
“’n Christelike huis, is ‘n huis
waar sondaars woon.” Dis korrek,
want as Christen erken jy jou sondes en jy vra om vergifnis daarvoor. Ons kan nie in ontkenning bly leef en glo dat
ons sondevry is nie.
Selfs
in die Onse Vader het God ons geleer om te bid:
“en vergeef ons, ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons
oortree;”
Mag
Die Bybel jou maatstaf wees om te meet of jy vandag geleef en opgetree het soos
daar van ‘n kind van God verwag word. Vra
die Heilige Gees om jou bewus te maak wanneer jy struikel. En bid dat God dit wat skarlakenrooi van
sonde was, witter as sneeu sal maak.
No comments:
Post a Comment