Numeri 6 :
24 – 26 Die Here sal vir jou goed wees en vir jou sorg. Die Here sal jou raaksien en vir jou Sy
liefde gee. Die Here sal jou goedgesind
wees en vir jou voorspoed gee.
Hierdie
woorde het God aan Moses gegee en hom gevra om die Israeliete daarmee te
seën.
Dis
soos om te weet jy is die baas of onderwyser se witbroodjie. Niks en niemand sal hom oortuig dat jy enige
iets verkeerd kan doen nie. Jou toekoms
lyk rooskleurig en jy weet dat jy ‘n moeitevrye paadjie gaan stap.
Vandag
het ek vir jou goeie nuus. Hierdie
woorde is net so relevant en van toepassing op jou lewe vandag as wat dit
destyds vir Moses en die Israeliete was.
God sien jou raak en Hy wil jou met Sy liefde omvou. Sy Vaderliefde is soos ‘n knus kombers op ‘n
koue Wintersaand. Jy kan verseker weet
dat Hy vir jou wil sorg en jou goedgesind is. Sy guns rus op jou en daarom kan
jy maar weet dat jou lewe dramaties gaan verander wanneer Hy die middelpunt van
jou lewe is.
Neem
Sy woorde en maak dit jou eie.
No comments:
Post a Comment