Vanoggend in die verkeer het ek ‘n motor
gesien met die teks hierbo as registrasienommer. Hierdie bestuurder weet waar hy/sy veilig
is.
Na wie toe vlug jy wanneer jy bang is? Ons kan met almal praat en elke moontlike
kontak uitput… op die ou end is God die enigste op wie ons werklik kan
vertrou.
Wanneer die ekonomie druk en die winde van
verandering waai, dan wil ek hê jy moet weet dat jy jou na God kan wend. Hy is die 'moederhen' onder wie se vlerke jy
veilig kan gaan skuil en waar jy beskutting teen die aanslae van die lewe sal
vind. Anders as mense, sal God jou nooit
in die steek laat nie. Partykeer kom ons
nie eens agter dat ons op mense vertrou, eerder as op Hom.
As jy slapelose nagte beleef, verskuif jou
fokus na God.
No comments:
Post a Comment