Psalm 139 : 14 Ek wil U loof,
want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep.
Te veel mense gaan gewond deur die lewe omdat hulle voel dat
hul nie goed genoeg, mooi genoeg, lank genoeg, maer genoeg, ens is nie.
Jy skiet op geen enkele manier tekort nie. Die dag toe God jou in die moederskoot
aanmekaar geweef het, het Hy nie ‘n ‘mould’ gebruik wat Hy al verskeie kere
vantevore gebruik het nie. Nee, jy was
die eerste en enigste van jou soort wat Hy ooit gemaak het. 'Limited edition' boeke, motors waarvan net ‘n
paar gemaak word, muntstukke of seëls waarvan daar net ‘n beperkte uitgawe
gedruk word, is uiters waardevol.
Versamelaars is bereid om baie geld te betaal om so ‘n raar item te
bekom.
Daarom mag jy nie twyfel aan jou eiewaarde nie. Jy is absoluut uniek. En as daar miskien iets is waarmee jy nou nie
so tevrede is nie, dan moet jy dit eerder as iets beskou wat jou waarde nog
meer opstoot.
Soms word iemand gebrandmerk as ‘stout’ of ‘sleg’. Kinders wat uit gebroke huise kom, word
gebrandmerk as ‘moeilik’. Moenie fokus
op wat ander sê nie. Fokus op wat God
sê: “My kind, ek het jou met liefde op ‘n
wonderbaarlike wyse geskape. Jy is vir
my so pragtig en kosbaar.”
No comments:
Post a Comment