My gunsteling lied is: 'Hoe groot is U." Ek sing dit enige tyd of plek, soms saggies, maar meesal uit volle bors.
Die pragtige gedig van die
Sweedse digter Carl Gustav Boberg: “O Sture Gud” (1885) het wêreldwye aanklank gevind en word regoor
die wêreld gesing op die bekende Sweedse volkswysie. Dit is vertaal en
uitgebrei deur die Britse sendeling Stuart K Hine as: “How great Thou art”. In die Liedboek van die
NG Kerk lui dit soos volg (Lied 464):
O Heer my God as ek in eerbied
wonder
En al U werke elke dag aanskou
Die son en maan, die aarde, sterre, wolke,
Hoe U dit elke dag so onderhou…
En al U werke elke dag aanskou
Die son en maan, die aarde, sterre, wolke,
Hoe U dit elke dag so onderhou…
Refrein:
Dan moet ek juig, my Redder en my God!
Hoe groot is U, hoe groot is U!
Want deur die hele skepping klink dit saam
Hoe heerlik Heer U grote Naam!
Ek sien die veld – die bosse, berge, vlaktes
Ek hoor hoe fluister grasse, stroom en wind
O Heer, U sorg vir klein, vir groot, vir alles
en U sorg dag na dag vir my, U kind.
Refrein
U maak ons deel van al U grootse werke.
U laat ons bid, Heer, dat U ryk mag kom.
En kom U weer, in heerlikheid op wolke,
maak U volkome nuut U eiendom.
Refrein
Met erkenning aan Bybelskool.com
No comments:
Post a Comment