Josua 3 : 4 want
julle het nie vantevore met dié pad langs gegaan nie.
Die lewe verloop nie altyd soos ons dit
beplan nie. Dit verloop nog minder soos
ons graag wil hê dit moet verloop.
Sondag pak ek my tassie en vertrek op ‘n
kort sakereis… 2 dae. Dinsdagmiddag, net
toe ek gereed is om huiswaarts te keer, hoor ek dat die 2 dae na die hele week
verleng word. Onmiddellik dink ek dat my
hele beplanning rondom 2 dae was en dat ek glad nie voorbereid is vir ‘n hele
week nie, but the show must go on.
‘n Klomp mense span saam en die wiele begin
rol. Die volgende oggend is ek gereed
vir die res van die week.
Wat ‘n aangename ervaring was dit nie? Ek het die mees fantastiese mense ontmoet en
seker die lekkerste 3 werksdae in ‘n baie lang tyd gehad.
Dis hoekom ek so mal oor ons Hemelse Vader
is. Hy weet altyd wat die beste vir ons
is. En die roete waarop Hy ons neem is
gewoonlik baie meer skouspelagtig as die vervelige agterpaadjies waarmee ek en
jy vertroud is.
God wil jou op ‘n nuwe pad neem. Dit is nie wat jy verwag of op voorbereid is
nie. Is jy gereed? Vertrou jy Hom? Daar lê ‘n fantastiese tyd vir jou voor. Sy weë is vir ons soms duister, maar as ons
net onthou dat Sy planne vir ons altyd goed is, kan ons ontspan en saam met die
stroom gaan.
No comments:
Post a Comment