Efesiërs 5:22 Vrouens,
wees aan julle mans onderdanig, net soos julle aan die Here onderdanig is.
Wanneer ‘n
vrou aan God onderdanig is, is jy nie Sy slaaf nie. Dis eerder respek en vertroue en ‘n begeerte
om dit te doen wat Hom sal behaag.
Dieselfde geld wanneer vrouens aan mans onderdanig is.
Vanmiddag was
‘n man op die punt om by ons gebou in te stap, toe ek op pad uit is. Hy’t beleefd opsy getree en vir my beduie dat
ek kan uitstap. Op pad uit, het hy my
beleefd gegroet.
Waar ek my
motor parkeer, moet ek vir ‘n hysbak wag.
Twee mans is voor my daar. Hulle
tree beleefd terug en beduie vir my om voor te stap.
Dit is maar
net twee voorbeelde van mans wat nog respek vir vroue het en ek weet daar is
nog baie van hulle.
Slaan jy egter
deesdae ‘n tydskrif oop, word daar oor mans gekla. Dit bekommer my, want ons skeer alle mans oor
dieselfde kam, en of ons dit nou wil weet of nie, daar is baie goeie mans in
die wêreld.
Ja, ons moet
diegene wat vroue leed aandoen uitwys, maar die ewige optimis in my wil glo dat
hul in die minderheid is. Daarom wil ek
vroue uitnooi om die positiewe gedrag en optrede van mans aan te prys en eerder
daaroor te praat as oor die negatiewe.
Dit is so dat goeie nuus selde die koerante of tydskrifte haal, maar ons
hoef nie ook daartoe by te dra nie. ‘n Positiewe
omgewing gaan mans aanmoedig om nog beter teenoor vroue op te tree en kort voor
lank is outydse sjarme weer aan die orde van die dag.
No comments:
Post a Comment