Josua 2 : 9 en het sy vir hulle
gesê: “Ek weet die Here gee vir julle die land; ons is skrikbevange vir julle,
al die inwoners van die land bewe van vrees vir julle.
Jy sal onthou dat Joshua nou die volk die beloofde
land moet inlei, maar dat hulle opstandig raak.
Hy stuur toe verkenners om te gaan kyk hoe dit daar lyk. Die verkenners gaan by Ragab, die prostituut, tuis.
Intussen hoor die koning dat die verkenners in die
land is en hy vra vir Ragab of hulle daar is of was. Sy vertel ‘n leuen en sê daar was mans, maar
sy weet nie wie hul was nie. Intussen
versteek sy die mans in haar dakkamer, welwetend dat die koning se manne na
hulle gaan kom soek.
Die mans kruip so lank daar weg dat hul aan die
slaap raak. Sy maak hul wakker en uiter die
woorde in die teksgedeelte hierbo. Sy sê
die volk is bang omdat hulle gehoor het hoe magtig hul God… die Rietsee in twee
gekloof… vyande uitgewis… ens. Dan vra
sy of hul sal onthou dat sy vir hulle goed was en haar lewe sal spaar wanneer
hul die land inneem.
Ons ken die verhale in die Bybel en ons het dit al
heelwaarskynlik in ons eie lewens ervaar.
Hoekom kan ons God nie deur die oë van hierdie prostituut sien nie.? Sy
het net gehoor van Sy almag en reeds weet sy dat Hy tot alles in staat is.
No comments:
Post a Comment