Job 17 :
7 My oë is dof gehuil, en ek is net maar
‘n skadu van my ou self
As jy vandag
voel dat jy jouself baie goed met Job kan vereenselwig na aanleiding van die
teks, wil ek jou bemoedig.
Soms word ons
tot die uiterste beproef. Veral as jy
jou beste probeer om te leef volgens God se woord en dinge bly verkeerdloop,
raak ons mismoedig.
God het egter
nooit beloof dat ‘n Christen se lewe slegs maanskyn en rose sal wees nie. Die Bybel is vol van Christene wat oor die
eeue heen beproef is.
Niemand kla as
dit goed gaan nie. Ons sal nooit vra om
darem vir ‘n verandering ‘n probleempie of twee te kry nie. Om die een of ander rede reken ons dat
ons verdien om ‘n sorgvrye lewe te hê.
Vir my is die
kern van Job se verhaal dat God deurentyd aan sy sy was. God sou toelaat dat al hierdie dinge met hom
gebeur, maar Hy wou daar wees om Job te vang as hy sou val. Net so is Hy daar vir jou en my. “Ja, maar jy het geen idee hoe naby ek aan
opgee is nie,” sê jy. Dink terug aan
Job. God het hom weer opgehef en dit het
beter as ooit met Job gegaan.
Moenie moed
verloor nie. Waardeer hierdie moeilike
tye, want dit is wanneer jy en God mekaar opnuut leer ken.
No comments:
Post a Comment