Romans 2 :
4 God is ryk in goedheid, verdraagsaamheid en geduld! Sê dit vir jou niks
nie? Besef jy nie dat God jou deur sy goedheid tot bekering wil lei nie?
Gewoonlik, as
ons iemand te nagekom het, is dit makliker om daardie persoon te vermy as wat
dit is om hul in die oë te kyk. Eintlik
is ons bang dat hul ons sal verwerp as ons hul byvoorbeeld sou nader.
Baie keer het
ons dieselfde benadering tot God. Ons
weet ons het gefouteer en ons voel so skuldig en sleg dat ons God vermy. Ons bid nie… ons lees nie Bybel nie… ons gaan
nie kerk toe nie… Ons reken dalk ons
moet liewer wyd hou. Net soos ‘n kind
wat kattekwaad aangevang het, dink ons dat God ons nie kan sien as ons hom nie
kan sien nie, ne. Niks kan verder van
die werklikheid verwyder wees nie. God
is nie kwaad vir jou nie. Om die
waarheid te sê, Sy arms is altyd oop om jou terug te verwelkom… maak nie saak
wat jy verkeerd gedoen het nie.
Jy sien, ons
onderwerp God aan menslike maniere of vereistes. God dink nie so nie en Hy oordeel ook nie so
nie. Hy is verdraagsaam en geduldig…
vertrou op Sy goedheid… gee Hom die geleentheid om Sy Godheid aan jou te
openbaar. Hy is dieselfde God wat beloof
het om jou nooit te begewe of te verlaat nie, so hoekom sal Hy nou Sy rug op
jou keer.
No comments:
Post a Comment