Joël 2 : 25 Ek sal julle vergoed vir die tyd van
sprinkaanswerm op sprinkaanswerm toe my groot leër wat Ek teen julle gestuur
het, julle verteer het.
Jy kan losbreek van
die verlede. Die pyn of hartseer wat jou
gevange hou, definieer jou dalk tot nou toe, maar dit hoef nie saam met jou die
toekoms in te gaan nie.
Net soos ‘n swerm
sprinkane landerye vernietig, vernietig gedagtes aan die verlede jou kanse op
‘n sorgvrye toekoms.
God wil jou veel meer
teruggee as wat jy verloor het. Al die
jare wat jy in die verlede vasgehaak het… al die trane… al die ure wat jy oor
die verlede bly tob het… God wil dit teruggee en meer. Hy wil vir jou ‘n toekoms gee, gevul met
vreugde en blydskap.
Sien al die pyn voor
jou geestesoog in ‘n kamer. Jy staan by
die deur en vandag gaan jy daardie deur vir eens en vir altyd toemaak, omdraai en wegstap. Die verlede en al sy pyn bly toegesluit die
oomblik wat daardie deur toeklik.
Buite daardie deur is
‘n nuwe lewe, vol lig en ‘n liefdevolle God.
Die verlede is vergete en die toekoms wink vir jou.
No comments:
Post a Comment