Matteus 20:15 Mag ek dan nie met my geld maak wat ek wil
nie?
As jy al
ooit vissies kos gegee het, sal jy weet dat daardie vissies rustig sal rondswem
totdat die eerste kosblaartjie in die water val, dan storm hul almal na
dieselfde plek.
Dis min of
meer wat hier teen einde November, begin Desember gebeur wanneer ons die ‘silly
season’ ingaan. Ek vermoed maatskappye
reken almal het bonus gekry, so hul begin ‘sales’ hou. Mense storm almal op daardie uitverkopings
af, soos ‘n klomp visse wat kos kry.
Glo my dit
is nie die laaste uitverkoping of spesiale aanbod nie. Iemand het eendag gesê:
“Dit is net ‘n spesiale aanbod as jy dit regtig nodig het.” Moenie toelaat dat advertensies jou uitlok om
jou swaarverdiende geld te gaan uitgee op onnodige items nie.
Daardie
bedraggie wat met betaaldag in jou bankrekening beland, is nie ‘n teiken
nie. Dit is bloot vergoeding vir ‘n
maand se bloedsweet. Gebruik dit vir wat
jy nodig het en sit die res weg. Jy hoef
regtig nie alles te gebruik nie.
Hoekom ons
so onmiddellik ‘n behoefte ontwikkel as ons geld het, gaan my verstand te
bowe. As jy tot nou toe daarsonder kon
kaarkom, kan jy verseker dit verder daarsonder ook doen.
No comments:
Post a Comment