Samuel 14:20 Joab het dit gedoen om 'n verandering in die
loop van sake te bring
Wanneer die
wurm hom toespin in ‘n papie, groet hy sy ou gedaante. Hy sal nie weer ‘n wurm wees nie. As hy weer die lewenslig aanskou, het hy ‘n
algehele metamorfose ondergaan. As
daardie kleurryke skoenlapper uit die papie worstel, kan jy jou beswaarlik
voorstel dat hy eens ‘n wurm was.
Ons moet
soms ook ‘n gedaanteverwisseling ondergaan.
Dit vereis ‘n tyd van stilword… introspeksie. Die buffel wat jy eens was, kan ‘n persoon
word wat ander in ag neem. Die
selfgesentreerde persoon wat jy tot nou was, kan iemand word wat begin om op
ander te fokus. Die persoon wat hom/haar
aan drank vergryp het, kan sonder drank klaarkom. Die persoon wie se oog gedwaal het, kan
getrou word. Iemand wat altyd leuens
vertel het, kan nou die waarheid nastreef.
Verandering
is nooit maklik nie, maar indien jy God vra om jou te help, kan jy dit
doen. Die geheim is liefde, nie vir
jouself nie, maar vir jou medemens.
Indien jy
iemand werklik liefhet, liewer as jouself, sal jy nie meer dit doen wat jou
gelukkig maak nie, maar jy sal begeer om te doen wat die ander persoon gelukkig
maak.
Hoe meer
liefde jy gee, hoe meer sal jy ook ontvang.
No comments:
Post a Comment