Psalm 90:4 Duisend jaar is vir U
soos gister as dit verby is, soos een enkele wagbeurt in die nag.
Dit is asof elke jaar vinniger verbygaan. Vandag gee jy jou graad eentjie in trane by
die skool af en binne ‘n oogwink maak jul gereed vir die matriekafskeid. Net gister vertel iemand my van ‘n
drie-jarige seuntjie wat in ‘n swembad verdrink het. Daar is verskillende emosies wat deur jou
bruis by die aanhoor van sulke nuus. Een
daarvan is dat ‘n jong lewe kortgeknip is nog voor dit begin het.
‘n Ander gedagte is dat die jong mamma sekerlik
drome vir haar en haar seuntjie gehad het en dat daardie drome nou net drome
sal bly.
Ons stel so maklik uit om iets te doen sonder om
daaraan te dink dat ons dalk nooit die geleentheid gaan kry om dit te doen nie. Hoekom moet ons wag vir die regte oomblik, of
totdat ons gereed is of totdat ons die nodige fondse het? Ek is iemand wat altyd aan die toekoms dink
en daarvoor beplan, maar wat as ek nie hier gaan wees om daardie toekoms te
geniet nie?
Ek dink dit is nodig om meer ‘in the moment’ te
leef… bietjie meer geniet en minder roetine… bietjie meer speel en minder werk. God het vir ons elkeen ‘n afgemete tyd
beskikbaar gestel en aangesien ons nie weet hoe lank daardie tyd sal wees nie,
mag ons net sowel die beste van elke sekonde maak.
“One day, you will wake up and there won’t be any more time to do the
things you’ve always wanted… DO IT NOW…”
~ Paulo Coelho
No comments:
Post a Comment