1 Timoteus 4:13 Totdat ek kom, moet jy jou daarop toelê om
uit die Skrif voor te lees, te preek en onderrig te gee.
Wat ek nou gaan sê, is seker
nie bevorderlik vir my blog nie, maar ek wil dit tog sê. Bybelstudie is nie die lees van hierdie
dagstukkie nie. Dit is ook nie ‘n
Bybelvers wat jy op jou selfoon kry nie.
Dit help, maar dit gaan oor veel meer.
Jou Bybel behoort die een boek te wees wat jy vodde lees. Lees hom van voor na agter en terug en
tussen-in. Glo my, elke keer gaan jy
iets anders raaklees. Soms lees jy ‘n
gedeelte wat jy al meer as een keer gelees het, maar vir die eerste keer maak
dit sin.
Gelukkig help God ons daarmee, want wanneer jy werklik wedergebore is,
sal jy jou Bybel WIL lees. Jy wil meer
weet, verstaan en God beter leer ken.
“The Bible is meant to be bread for daily
use, not cake for special occasions…” ~ Unknown
No comments:
Post a Comment