Lukas 17 : 14 Toe Hy hulle sien,
sê Hy aan hulle: “Gaan wys julleself aan
die priesters.” Terwyl hulle soontoe op
pad was, het hulle gesond geword.
Onthou jy nog die gelykenis oor die melaatses?
Hulle het uitgeroep: “Jesus, Here, kry ons tog jammer!” As Jesus wou, kon hy net die woord gespreek
het, en hulle sou almal op die plek genees gewees het, maar Hy wou sien dat hul
geloof sterk genoeg is. Hy verwag dat
hul hulself aan die priester gaan toon.
Nou moet jy onthou dat melaatses nie welkom tussen
ander mense was nie. Hul was die
uitgeworpenes wat aan die buitewyke gebly het.
Daar is geglo dat hulle vuil is en dat jy kon aansteek as jy in kontak
met hulle kom. So toe Jesus hulle stuur,
het hul seker gehuiwer, want op daardie tydstip het hul nog nie beter gelyk as
voorheen nie. Hul liggame het nog die
tekens van melaatsheid gedra. Hulle kon
seker redeneer dat hul eers ‘n bietjie moes wag totdat daar verbetering intree…
of dalk het hul gedink hul kan miskien net daar bly en beter raak eerder as om
moeite vir niks te doen. Die sieniese
inidividue kon dalk gereken het dat dit ‘n mors van tyd sou wees aangesien niks
nog verander het nie.
Hulle het egter besluit om die eerste tree in
geloof te gee en sodoende die eerste stap na genesing geneem. Absolute geloof. “ Jesus sê ons gaan beter
word as ons gaan, so kom ons gaan.” Die
skrif sê ook dat hul geword het soos hul aanbeweeg het. Ek glo as hul sou stop of omdraai, sou die
melaatsheid weer teruggekom het, maar hulle het deurgedruk in geloof.
Nou wonder ek wat God op jou hart gelê het om te
doen. Huiwer jy of neem jy daardie tree
in geloof. Praat gaan God nie beweeg
nie. Kry jou geloofswiele aan die rol en
doen wat Hy van jou verwag. Ek weet dit
is nie maklik nie. Dit is nie logies nie en nog minder maak dit sin. Wat jy op die oomblik sien, laat jou ook nie
voel dat daar ‘n wonderwerk reg voor jou neus is nie, maar ons mag Hom maar
vertou.
No comments:
Post a Comment