Fillipense 4 : 13 Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.
Daar is vele figure in die Bybel wie se geloof tot
die uiterste beproef is. Baie mense
reken Christene het ‘n maklike lewe, maar dit is nie waar nie. Petrus het nie ‘n maklike lewe as gelowige
gehad nie. Hy is onder andere in die tronk
gegooi… hy is gemartel… was ‘n skipbreukeling… is vals beskuldig en het nie
eens altyd kos gehad om te eet nie.
Meeste van ons sou lekker negatief geraak het en
dalk selfs die Christen-ding opgegee het, want niemand wil tog soveel deurgaan
nie. Paulus het egter besluit dat Hy nie gaan opgee nie. Hy het geweet dat Hy
oor ‘n innerlike krag beskik wat alle verstand te bowe gaan. Die skepper van die Heelal het hom bemagtig,
seen oor hom uitgestort en geroep om in die lewe te heers as koning van sy eie
bestemming. Daarom het hy homself nie
verder negatief gestem nie.
Net soos Paulus moet jy met jouself op die regte manier
praat. Moenie toelaat dat negatiewe,
destruktiewe self vernietigende gedagtes in joukop posvat nie. Instede verklaar dat jy ‘n oorwinnaar in
Christus is en neem beheer oor jou lewe.
No comments:
Post a Comment