Mattheus 6 – So moet julle
dan bid
Toe die
Israeliete in die woestyn getrek het, het God hulle elke dag net genoeg manna
gegee vir daardie dag. Dit was nie vir
hulle nodig om spaarsamig daarmee te werk of daarvan oor te hou nie, inteendeel
dan sou dit sleg word. God het selfs vir
verskeidenheid gesorg; Manna en
Kwartels. So sorg God vandag steeds vir
jou in die kleinste besonderheid. Jy
hoef nie oor die dag van môre bekommerd te wees nie; nie as jy elke dag bid vir vandag se brood
nie. Hy sal sorg. Hy is getrou.
Hy het jou geleer hoe om te bid en Hy sal nooit op Sy Woord teruggaan
nie. Daar sal nie oorvloed wees nie,
maar jy sal nooit honger ly nie. Laat U
wil geskied... Laat U koninkryk kom...
No comments:
Post a Comment