Lukas 12 : 7 Selfs die hare op julle kop is almal getel.
Moenie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.
Dit is darem ‘n
wonderlike gedagte – dat God selfs weet hoeveel hare daar op my kop is – ek
weet dit nie eens self nie. Hy ken my
deur en deur – niemand ken my so goed soos Hy nie. Jy kan iemand net so goed ken as jy daardie
persoon self gemaak het en as jy elke oomblik van elke dag by daardie persoon
is en daarom kan ek jou verseker dat jy nooit, ooit alleen is nie.
Op ’n ligter noot, deel ek ’n epos boodskap
met jou: “Weet jy hoekom jou hare soggens
so deurmekaar is?” “Omdat die engele besig
was om jou hare te tel.”
No comments:
Post a Comment