Spreuke 3 : 6 Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou
die regte pad laat loop.
Dit is werklik my
wens dat jy God op so ‘n besonderse wyse ken dat waar jy ook al in die lewe mag
gaan, of dit werk toe is, in die tronk, op die landerye, in ‘n siekbed, op see,
by jou huis, in ‘n vliegtuig, in die skool of universiteit, op ‘n trein, langs
die braaivleisvuur, op ‘n boot... jy Hom
steeds naby jou sal voel omdat jy ‘n lewende verhouding met Hom het. Dat jy Hom daagliks aanbid en ook sy
onmeetlike liefde elke oomblik ervaar.
Dit is ‘n gevoel van veiligheid te midde van gevaar, ‘n gevoel van
beskermende arms om jou al is jy koud, ‘n gevoel van liefde duur gekoop vir jou
en my deur sy kosbare bloed.
No comments:
Post a Comment