Romeine 5 : 3 – 4 Dit is egter
nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek
volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek
hoop;
Die manier waarop ons terugslae hanteer, het ‘n
groot impak op jou sukses al dan nie. As
jy jou ineenkrimp of bitterheid die oorhand laat kry, gaan jy jou entoesiasme
verloor. Eintlik laat jy bloot toe dat
sulke terugslae jou weerhou van die toekoms wat God vir jou in gedagte het.
Daarenteen kan jy aanhou glimlag, positief bly en
voortbeur, jubelend oor God se goedheid.
Dit is dan dat God se karakter in jou ontwikkel en jy ‘n oorwinnaar
word.
Ons ken almal die noue verbintenis tussen ‘n
diamant en ‘n stuk steenkool. Die enigste verskil is dat die diamant veel
groter druk ervaar het as die stuk steenkool.
Wanneer jy vasberade deurdruk, teen alle logika in en toelaat dat God
jou brei en vorm, sal jy uiteindelik ook ‘n kosbare diamant word.
Terugslae en beproewings word potensiaal, talent,
groei en voortuitgang. So aanskou jy
as’t ware hoe jy ontluik en sukses behaal.
No comments:
Post a Comment