Psalm 103 : 20 Loof die Here, magtige engele wat sy opdragte uitvoer, sy
bevele gehoorsaam.
Het jy dit ooit geweet? Dat wanneer jy woorde van
geloof uiter, engele opdrag gegee word om namens jou te beweeg. God het nie engele nodig om Hom te help nie,
die engele is daar om Sy opdragte uit te voer en gewoonlik sal dit wees om ons
op die een of ander manier te help wanneer God hul opdrag gee. Dis asof God vir die engele vra: “Het julle gehoor wat my kinders sê? Hoor
julle hoe my kind sê dat hy op my vertrou?
Komaan, engele gaan draai die situasie om.” Die engele gehoorsaam Hom.
Indien ek of jy die sluier voor die geestelike
realm sou wegtrek, sou ons ‘n hele skare engele kon sien wat oor ons
waghou. Die hoekom dit belangrik is dat
ons let op wat uit ons mond kom. Ons
woorde kan die engele in beweging laat kom, of die vyand.
Die keuse is ons s’n om geloof en lewe oor ons
huis, familie en toekoms te spreek. Elke
dag is daar ‘n geleentheid om die engele in beweging te bring.
No comments:
Post a Comment