Markus 4 : 39 Toe staan Hy op, bestraf die wind en sê vir
die see: “Hou op! Bedaar!” Die wind het gaan lê en daar het 'n groot stilte
gekom.
Wat doen jy as die
storms van die lewe rondom jou woed? In
Markus lees ons hoe Jesus saam met sy dissipels in ‘n boot was toe ‘n storm
losgebars het. Meeste van ons sou uiters
veilig gevoel het met Hom saam met ons in die boot, of hoe? Wel, die dissipels was ook seker gerusgestel
toe hul in die boot klim saam met Jesus.
Dieselfde dissipels was egter paniekbevange toe ‘n geweldige storm
losbars en hul vir hul lewe vrees.
Skielik was Jesus se nabyheid nie genoeg nie, hulle wou Hom in aksie
sien. “Jesus, staan op. Hoe kan U slaap? Jesus, doen tog net iets.” Jesus het opgestaan en die storm aangespreek
en dadelik het dit bedaar.
Nou vir die
verrassing… jy hoef nie oorweldig te wees deur bekommernis en vrees nie. Net soos Jesus die storm aangespreek het, kan
jy dit ook doen. Regtig! Die Bybel leer ons dat dieselfde Gees wat
God uit die dood laat opstaan het, binne ons is. Hy leef in ons en Hy bemagtig ons om
oorwinning in elke aspek van ons lewe te ervaar. Wonderbaarlik, ne!
No comments:
Post a Comment