Psalm 85 : 8 Ek wil luister na
wat God die Here sê
Dit gebeur gereeld dat mense dink hul kan God nie
hoor nie of hul dink God ‘praat’ nie met hul nie. Die probleem is nie dat God nie praat
nie; dat Hy nie vir ons rigting bied nie…
Die probleem is dat ons nie genoeg ingesteld is op Sy stem nie.
Om te leer om die stem van God te hoor, is seker
die mees belangrike tegniek wat jy ooit sal moet aanleer. Hoe meer aandag jy aan Hom gaan gee, hoe
meer sal jy Hom leer ken en verstaan en duidelik hoor wat Hy vir jou sê. Soos jou pa met jou gesels, so gesels God met
jou. Soms bemoedig Hy jou, soms waarsku
Hy jou, soms vermaan Hy jou… Vra God om jou geestelike ore te open sodat jy
sensitief ingestel kan wees op Sy stem. “Here, help my vandag om U stem te
hoor.”
God wil vir jou wysheid, rigting, beskerming en
leiding gee. Hy wil jou hartseer spaar
en jou lewe makliker maak. Hy wil jou
waarsku en attent maak. Al wat jy moet doen, is om te luister en voor jy jou kom kry sal jy die wonderbaarlike ervaring geniet om Sy stem te hoor en ook Sy
hand van seen in elke aspek van jou lewe sien.
No comments:
Post a Comment