Psalm 23 : 6 Net goedheid en guns
sal my volg, al die dae van my lewe
Daar is soveel mense
wat geluk najaag, wat wonder wanneer hul skip gaan inkom of wanneer hul tyd
gaan aanbreek. Hul hoop op ‘n deurbraak… Hulle wil meer en meer hê… hulle wil meer en
meer besit… hul kyk na ander om hul gelukkig te maak. Eintlik is dit verkeerdom, want volgens die
teks sal goedheid en guns jou volg… oral waar jy gaan.
Dit is amper soos om
in die verkeerde rigting na iets te soek.
Dalk begeer jy om iemand in jou lewe te hê en jy voel jy het nou al
alles gedoen, maar jy kan net nie die regte persoon ontmoet nie. Dit is tyd om op te hou soek. Daardie persoon gaan jou lewe binnekom sonder
dat jy ‘n vinger verroer. Miskien is jy
werkloos en is jy elke dag op die internet of in koerante, op soek na
werk. God gaan vir jou deure oopmaak.
God se goedheid is
besig om jou te volg, maar dit kry nie tyd om jou in te haal nie. Kyk ‘n slag in die truspieeltjie van jou
lewe. Dit is goedheid en guns wat jy
daar sien. Gee kans dat dit jou kan
inhaal.
No comments:
Post a Comment