Jesaja 61 : 7 In plaas van vernedering sal julle twee keer
soveel besittings hê as tevore, in plaas van minagting sal julle lof ontvang
oor wat julle besit. Julle sal in julle land twee keer soveel besit as tevore
en julle sal altyd vreugde hê.
In die Ou Testament lees ons van die moeilike tye
waardeur die volk van God moes gaan. Hul
was dikwels in gevangeskap en is sleg behandel deur verskeie nasies.
Juis daarom moes hierdie woorde vir hul ongelooflik
bemoedigend gewees het. En toe die tyd
aanbreek, was God getrou aan Sy woord.
Die Koekkedoor deelnemer, Wessel, het met die
laaste episode gesê: “Ek kan nie glo hoe
my lewe verander het nie. Ek sou ‘n
maand gelede nooit kon dink dat ek vandag hier sou staan.” Hy het nou wel nie daardie episode gewen nie,
maar sy lewe sal nooit weer dieselfde wees nie.
Te veel deure het vir hom oopgegaan.
Maak vandag hierdie belofte ook deel van jou
toekoms. God gaan jou optel uit die put
waarin jy jouself bevind. Hy gaan jou
hele lewe verander. God gaan altyd
voluit en Hy hou daarvan om verwagtings te oortref.
Dalk glo jy dit nou al te lank… jy glo, maar niks
gebeur nie, om die waarheid te sê jou situasie vererger net. Onthou die nag is op sy donkerste net voor
die dagbreek. Jou tyd gaan aanbreek en dit gaan skouspelagtig wees.
No comments:
Post a Comment