Psalm 23 : 1 Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie.
Hy laat my
neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen.
Hy verkwik
my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.
Al gaan ek
ook in ’n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my:
u stok en u staf dié vertroos my.
U berei die
tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my
beker loop oor.
Net goedheid
en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE
bly in lengte van dae.
Dit was nog altyd my mantra. Wanneer ek deur moeilike tye gaan… as ek nie
herwaarts of derwaarts weet nie…die Here is my herder.
Ek het al geld moes uitgee, wel wetend dat daar dan
niks oor is vir die res van die maand nie. Dan haal ek eenvoudig diep asem en
sê: “Die Here is my herder, NIKS sal my
ontbreek nie.
Soos wat jy deur die Psalm lees, raak jy al meer
bewus van Sy voorsiening. Selfs in die
dal van doodskaduwee, is daar geen vrees nie.
Wanneer die tafel gedek word, is dit tot oorbodens toe gelaai. En boonop ‘n belofte van guns… nie guns wat
jy moet gaan soek nie, maar guns wat jou volg… en jy wat in die Huis van die
Here bly.
Die Here is my herder, NIKS sal my ontbreek nie.
No comments:
Post a Comment