Romeine 11 : 29 As God eenmaal aan mense sy genadegawes
geskenk en hulle geroep het, trek Hy dit nooit weer terug nie.
Wanneer jy aan jou
toekoms dink, wat sien jy voor jou geestesoog?
Het jy groot drome? Wat het
geword van die drome wat jy oor die jare gehad het? Miskien sê jy vandag dat dit te laat is… Dalk
is jy ontnugter en teleurgesteld omdat min of geen van jou drome gerealiseer
het nie.
Vandag se teks is vir
my besonders. God gee jou nie iets en as
jy stout is neem Hy dit terug nie. Sy
genadegawe bly joune. As Hy jou geroep
het, is jy syne. Jy kan afdwaal, jy kan
ongehoorsaam wees, Hy gaan nie ophou om vir jou lief te wees nie. Juis daarom kan ons rus in die wete dat Sy
guns ‘vir altyd’ is.
Is jy tevrede waar jy
vandag is? Het jy moed opgegee? Dink jy God het moed opgegee met jou? Nee, God het nog nooit moed opgegee nie, maar
Hy kan jou ook nie skoppend en skreeuend na jou drome toe sleep nie. Ja, dinge het nie heeltemal uitgewerk soos jy
dit beplan het nie en jy is ontnugter en verslae, maar dit is nog nie te laat
nie.
Daar is steeds hoop en
‘n rooskleurige toekoms wat vir jou wag.
Blaas weer lewe in die as van jou drome.
Staan op en sê: “Ek kan en ek
gaan! Met God aan my Sy die keer, gaan
ek dit maak.”
No comments:
Post a Comment