Prediker 12:2 voordat die son en
die lig en die maan en die sterre verduister word en die wolke terugkom ná die
reën,
Volgens Wikipedia vind sonsverduistering plaas
wanneer die maan voor die son inbeweeg en die maan die skyf van die son ten
volle, of gedeeltelik bedek. Die
verduistering of eklips kan gedeeltelik of volkome wees. Ons het onlangs weer so ‘n gedeeltelike
sonsverduistering aanskou.
Wanneer jy dit terugbring na ons geloof, kan jy dit
sien as iets wat tussen jou en God inbeweeg en veroorsaak dat jy nie meer
daardie nabyheid met God beleef nie.
Daar is verskeie dinge wat tussen ons en God kan inbeweeg… ons werk,
vriende, sonde, verslawing… ‘n honderd en een goed. Wanneer dit gebeur voel dit asof ons verbinding
met God verbreek is of soos ‘n slegte lyn.
Daar is net ‘n blokkasie. Die son
is nie weg tydens sonsverduistering nie.
Net so is God ook nie weg nie.
Ons kan Hom net nie sien, of dan so goed sien nie.
Ek hoop en vertrou dat dit net tydelik is soos
enige verduistering en nie permanent nie… dat jy God weer ten volle sal sien en
ervaar. ’n Sonsverduistering kan nie
gekeer word nie. Dit wat tussen jou en
God staan, kan wel gekeer word. Vind uit
wat dit is en raak daarvan ontslae.
No comments:
Post a Comment