Psalm 32 : 1 Dit gaan goed met
die mens wie se oortredings nie gestraf word nie, wie se sonde vergewe word.
Hoe geseënd is ons nie om vergifnis van God te
ontvang nie. As jy kyk hoe ons leef, wat
ons sê, wat ons doen, wat ons ander aandoen, raak dit al meer van ‘n
wonderwerk.
Dink maar net hoe moeilik dit is om iemand te
vergeef wat jou te na gekom het. Soms
vra ek myself af: As ek God was, sou ek my vergeef het? Die antwoord is nie altyd ja nie en tog
vergeef God ons keer op keer.
Daardie daad het Jesus vrygelaat. Niemand op aarde
hou Jesus gevange met haat of onvergifnis nie.
Jy kan dieselfde Vryheid geniet.
No comments:
Post a Comment