DIE Openbaring 21:4 Hy sal al die
trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed,
smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.”
Tydens my pa se siekte en veral die laaste maand
van sy lewe, was ek voortdurend hartseer.
Ja, ek was hartseer oor hom en dit waardeur hy gaan, maar ek was oor
baie ander dinge ook hartseer. My pa het
so ‘n tragiese lewe gely en hy het so min geleenthede gehad. Ek was hartseer omdat soveel jare verlore
jare. Soms kon ek nie eens verwoord
presies hoekom ek hartseer is nie, maar ek het hierdie leë pyn binne my gehad.
Is jy vandag hartseer? Dalk is jy ook hartseer oor ‘n geliefde wat
jy aan die dood afgestaan het. Voel dit
vir jou of jy nooit weer vreugde gaan ervaar nie?
Openbaring gee ons weer hoop. Op aarde sal daar altyd rede vir trane en
hartseer wees, maar eendag sal God self ons trane afdroog en sal daar geen
trane meer wees nie.
Wat ‘n wonderlike vooruitsig.
No comments:
Post a Comment