Genesis 1 : 26 Toe het God gesê: “Kom Ons maak die mens as ons
verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die
voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die
aarde kruip.”
Mans is besig om ‘n identiteitskrisis te ontwikkel. Aan die een kant moet hulle hard wees – ‘n
man huil nie. Aan die ander kant word
daar van hulle verwag om meer betrokke te wees by die kinders en die
huishouding. En dis goed so. Meeste vroue is dankbaar dat hul mans deesdae
meer huislik is en nie skaam is om hul gevoelens te wys nie.
Die krisis ontstaan met al meer mans wat hul werk verloor en nie
meer die broodwinner is nie. Hul voel
nie meer soos ‘n man nie omdat hul nou tuis bly waar hul kos maak en huis
skoonmaak. Dit wat hul as man tot nou
toe gedefineer het – om vir hul vrou en kinders te sorg – het oornag
verander. Hul manlikheid is aangetas en
ongelukkig soek baie van hierdie mans troos by die bottel.
Vrouens kan ‘n groot rol speel om mans weer hul waardigheid terug
te gee. Ondersteun hom en laat hom
steeds voel soos die een wat heers. Soms
word die rolle omgeruil, maar dit hoef nie die kardinale rol van manwees om te
ruil nie. Hy is steeds die hoof van die
huis en die een na wie almal opsien.
Die tyd het aangebreek om ‘n spesie wat op die rand van
uitsterwing staan te red – ons mans.
No comments:
Post a Comment