2 Korintiërs 10 : 4 Dus het ons
nie ons perke oorskry deur tot by julle te kom nie. Ons het immers vroeër al
tot by julle gekom met die evangelie van Christus.
Die Skrif leer ons dat daar voortdurend ‘n geveg in
ons binneste plaasvind. Ons denke
dikteer ons aksies. Dis hoekom die vyand
alles sal doen on jou gedagtes in ‘n verkeerde rigting te stuur. Partykeer is
dit nie ons eie denke wat ons terughou nie, maar die negateiwe dinge wat ander
oor ons kwyt geraak het. Daardie woorde
is soos onkruidsaadjies. Hulle skiet
saad en jy kry hul eenvoudig nie uitgeroei nie.
Hoor nou mooi, as jy hierdie gedagtes ‘n halwe kans gee, gaan hul jou
realiteit word.
Daar is mense wat die vermoë het om jou onder te
kry. Hul woorde of optrede verwond
jou. Hierdie mense se gedrag behoort nie
‘n invloed op ons te hê nie, want ons weet dis nie die waarheid nie, maar
weereens kry dit vatplek wanneer ons dit nie uit ons kop kan kry nie.
Op die ou end glo ons hierdie leuens en nie wat God
van ons sê of dink nie. Die enigste
manier om die siklus te breek, is om te lees wat God oor jou sê. Sy Woord is vol van liefdesbetuigings teenoor
jou, so jy is spesiaal. Hy het vir jou
aan die kruis gesterf… jy is kosbaar.
Jou naam is in Sy handpalms gegrafeer!
No comments:
Post a Comment