2 Kronieke 20 :15 Moenie
vrees nie, moenie bang wees vir hierdie groot menigte nie, want hierdie oorlog
is nie 'n saak vir julle nie, maar vir God.
Josafat kry ‘n boodskap van ‘n groot menigte wat teen hom
optrek. Hy’s bang en soek hulp by
God. Hy roep ‘n vasdag uit. Hy eer God en onthou hoe God in die verlede
daar was vir Sy volk. Ook hierdie keer
stel God nie iemand teleur wat sy vertroue in God stel nie en daarom antwoord
Hy met vers 15. Hy se selfs dat hulle
nie eens hoef te veg nie, hulle moet maar net stelling inneem.
Vers 12 kan net sowel vandag geskryf gewees het. “Ons weet
nie wat om te doen nie. Ons oë is op U gerig.”
Kan jy jou hierdie toneel voorstel? Josafat staar ‘n menigte oorlog lustiges in
die gesig en God se in vers 17 “Julle hoef
nie te veg nie, neem net posisie in en staan en kyk na die oorwinning van die
Here vir julle.”
Wat jy ook al vandag mee worstel, die oorlog is nie joune
nie. Vertrou Hom. Hy is in staat om jou huwelik te red. Hy is in staat om jou kind van dwelms te
verlos. Jou moederskoot is leeg, maar
God kan vir jou ‘n kindjie gee.
Dink vandag, soos Josafat, aan al die kere wat God daar
was vir jou in die verlede. Hy is steeds
dieselfde God.
Dalk is jy vandag moeg, want jy’t op jou eie krag
staatgemaak. 2 Kronieke 20 is ‘n
hoofstuk van hoop wat ook van toepassing is op jou lewe.
No comments:
Post a Comment