Psalm 118 : 24 Dit is die dag wat
die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees
Toe jy vanoggend jou oë oopgemaak het, wat was jou
eerste gedagte? Aag nee, die Maandag…
hoekom is dit nie naweek nie? O, hoe
gaan ek deur hierdie week kom! Urgh… 5
dae van werk… 5 dae saam met idiote… 5 dae onder daardie baas van my… En toe
trek jy die kombers oor jou kop en besluit jy gaan nog so 5 minute lê om moed
bymekaar te skraap om die dag aan te pak.
Ek gee toe, soms is dit bloot plig wat ons dwing om
uit die bed te klim en te doen wat van ons verwag word. Of soos ek altyd sing: “I owe, I owe… and off to work I go.” Wanneer jy aan jou verpligtinge dink, besef
jy baie gou dat jy maar moet twee keer dink voor jy eenvoudig weier om te gaan
werk.
Dalk sal dit help as jy jou uitkyk op die nuwe dag
verander. Dis ‘n dag wat God gemaak
het. Maak hy foute? Nee, Hy het hierdie dag haarfyn beplan en Hy
het jou nodig om jou deeltjie te gaan doen.
Staan met ‘n lied in jou hart op en weet dat jy vandag ‘n rol het om te
speel. Iewers kan God jou gebruik om iemand
se dag op te helder. Begin met afwagting
uitsien na die geluk wat jy in iemand se oë gaan sien.
No comments:
Post a Comment