Genisis 3:19 net deur harde werk sal jy kan eet
Hoeveel mense ken jy
wat Saterdag of Sondag sê? “Ek wens
Maandag wil nou aanbreek… ek kan nie wag om te gaan werk nie.”
Hoeveel mense ken jy wat doen waarvan hul
hou?
Bitter min mense
verwesenlik hul kinderdrome. As ek
eendag groot is, wil ek ‘n… wees.
Werk is vir meeste
mense ‘n plek waar hul om die een of ander rede opgeëindig het en toe maar die
beste van ‘n slegte saak gemaak het. Om
alles te kroon, het die werk-landskap verander.
Jy kan nie meer net opdaag en doen wat jou hand vind om te doen
nie. Daar is teikens en doelwitte wat
behaal moet word… meer en beter, hoër en hoër.
Met die klim na
boonste trappie van die suksesleer, word ‘n paar aan die broekspyp afgepluk en
ander uit die pad gedruk sodat jy tog net eerste bo kan kom. Om die klimmery makliker te maak, word
bagasie afgegooi. Naasteliefde waai eerste,
dan integriteit, respek, lojaliteit... en moontlik ook eerlikheid.
Die ironie is dat
wanneer jy hou van wat jy doen, maak geld nie eens saak nie. Dit sal natuurlik ‘n bonus wees as Catherine
Whitehorn se gesegde ‘n werklikheid kan word: “Find something you like doing and get someone
to pay you for doing it.”
No comments:
Post a Comment