Habakuk 2 : 1 ek wil wag om te verneem wat die Here vir my
sal sê en wat ek moet antwoord wanneer mense my verwyt.
Gister het ons van geduld gepraat. Dit is veral van toepassing wanneer jy God
vra om jou wysheid te gee sodat jy die regte antwoord vir iemand kan gee.
Elke dag besef ek al meer en meer hoe mense na raad en
leiding smag. Mense lees artikels of self-help
boeke, hul luister na Christen radio omroepers of motiveringsprekers… Daar is beslis ‘n
honger na hoop en bemoediging. Ek kan
dit goed verstaan, want ons almal moet ons siele voed en perspektief kry
wanneer die skaal na een kant neig.
Juis daarom moet ons verantwoordelik omgaan met raad
en daad. Die tyd vir leë woorde en
cleches is verby. Soms is woorde nie
eens nodig nie. Wees net daar vir
iemand. Bid saam met iemand.
Op die ou einde maak net dit wat God sê regtig saak.
No comments:
Post a Comment