Filippense 2 : 5 Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat
daar ook in Christus Jesus was:
Jy ken seker die gesegde: “Your attitude determines your altitude” Uit ‘n Christen perspektief… met ‘n geloof
gevulde houding sal jy uitstyg bo jou omstandighede, terwyl ‘n negatiewe
verslane houding jou sal aftrek.
Al beheer wat ons oor ons omstandighede het, is hoe
ons dit sien, m.a.w. ons gesindheid. As
jy beproewing in ‘n negatiewe lig sien, sal jy nooit iets daaruit leer nie,
maar as jy dit sien as ‘n groeiproses kan jy inderdaad beter en sterker
anderkant uitkom.
Dit is hoekom party mense kan vrolik wees al gaan dit
hoe swaar met hulle… vir hulle is die glas altyd half vol.
Dit gebeur te maklik dat ons toelaat dat omstandighede
ons misvorm. As ons sleg behandel word
by die werk, gaan haal ons dit by die huis op ons gesin (of die hond) uit. As ons ‘n paar tree teruggesit word in die
lewe wil ons ander blameer of terugkry eerder as om dit was ons deurgemaak het
as getuienis te gebruik.
Die Bybel leer ons dat ware geloof God gelukkig
maak. Verstaan vandag dat God besig is
om in jou lewe te werk… dat daar regtig ‘n doel met hierdie omstandighede is…
Hy kan selfs hierdie terugslag as ‘n ‘stepping stone’ gebruik om jou tot hoër
hoogtes as ooit tevore te neem.
No comments:
Post a Comment