Psalm 6:7 Ek is uitgeput van verdriet, ek huil die hele
nag deur, ek deurweek my bed met trane.
“You never know
how strong you are until being strong is the only choice you have…~ Unknown”
Partykeer is dit ook
maar goed ons weet nie wat vir ons voorlê nie.
Ek dink ons sou aanhou bid en smeek dat sulke dinge dan nie met ons moet
gebeur nie. Niemand wil iemand aan die
dood afstaan, sy/haar werk verloor, deur ‘n egskeiding gaan, ‘n rebelse kind
grootmaak… , maar ons weet dat elke beproewing, elke stryd, elke traan ons
sterker maak.
Waaraan ek my troos
as ek deur sulke tye gaan, is dat dit my ook nader aan God bring. As ek swak is, weet ek is Hy op Sy
sterkste. Al swik my bene onder my, hou
hy my staande. Wanneer trane oor my wange
stroom, vang Hy elke traan op. Dit is
partykeer al wat ‘n mens staande hou en laat deurdruk.
Die gesegde laat my
ook dink aan Eleanor Roosevelt se gesegde:
"A woman is
like a tea bag - you can't tell how strong she is until you put her in hot
water."
No comments:
Post a Comment