Psalm 24:5 So iemand sal van die Here seën ontvang
“To
receive what God has for you, you need to put down the things you are holding
onto…” ~ Louie Giglio
Ek wonder hoeveel
keer verloor ons seëninge, net omdat ons hande en arms oorloop van allerhande
onnodige bagasie wat ons ronddra. Ons is
so besig om ou koeie uit te grawe dat die lewe verbygaan sonder ons.
Die Here wil
jou seen. Hy is lief vir jou en Hy wil
net die beste vir jou hê. Leer vandag uit hierdie gesegde en laat gaan. Ek
hoor vandag op RSG ‘n aanhaling van Nelson Mandela. Toe hy by die tronk in Victor Verster
uitgestap het, het hy gesê: “As ek nie
vergewe en die seer en bitter saam met my neem wanneer ek by hierdie hekke
uitstap, sal ek vir altyd in die tronk wees.”
Vergifnis bring
Vryheid. Dit is nie maklik nie, maar dit
is nodig sodat jy kan heel word en aanbeweeg.
Jesus is gekruisig vir almal se sondes.
Hy het nooit gesondig nie, maar Hy was bereid om te vergewe alvorens hy
die grootste offer ooit gebring het.
Vergewe en vergeet. As jy nie
vergeet van die onreg wat teenoor jou gepleeg is nie, het jy nog nie vergewe
nie, want wanneer God vergewe vergeet hy geheel en al daarvan en ons behoort
dieselfde te doen.
No comments:
Post a Comment