Psalm 30 : 5 Sing tot eer van die Here, julle wat Hom
getrou dien, loof sy heilige Naam!
Elke oggend dat
ons, ons oë oopmaak, behoort ons te besef dat ons nog ‘n spesiale aflewering van
God se vreugde ontvang het. Strek jou
uit en verklaar dat dit ‘n fantastiese dag gaan wees. Wanneer jy dit doen, maak jy as’t ware die
deur vir God oop om daardie spesiale aflewering te ontvang.
Ongelukkig
maak party van ons nooit daardie deur oop nie.
Vreugde klop al vir maande en jare aan jou deur… Komaan, laat my
in. Ek wil jou dag opvrolik… Ek wil jou
wys hoe om die lewe te geniet.
Die voordeel
daaraan om jou dag so te begin is dat jy dan gereed is om hierdie geskenk wat
jy ontvang het te gaan uitdeel. Jou
vrolikheid sal aansteeklik wees en jy gaan mense na jou toe aantrek. Dit is nou maar eenmaal so dat ons graag wil
skouers skuur saam met diegene wat ons opbeur.
Mag jy ‘n
uiters geseënde dag tegemoetgaan, met ‘n breë glimlag en ‘n lied in jou hart, tot
eer van God.
No comments:
Post a Comment