Hosea 10:4 Hulle praat net, hulle maak vals beloftes,
hulle sluit verdrae. En intussen is hulle regspraak soos gifplante wat in die
vore langs die land groei.
Het iemand jou
al iets beloof waarna jy uitgesien het en dan nooit daardie belofte nagekom
nie? Dit is veral moeilik as jy iemand
van min woorde is… iemand wat net sê wat jy bedoel… iemand wat nie vals hoop
gee nie.
Daar is selfs diegene
wat vals is en voorgee om jou vriend(in) te wees, maar eintlik wil hul jou
gebruik. Voor jou smeer hul jou heuning
om die mond, jul doen dinge saam, jul kuier oor en weer aan huis, maar op ‘n dag kom
jy agter die persoon is nie wie jy gedink het hy/sy is nie.
Sulke valsheid
kan jou bitter seermaak. Dit kan jou
laat terugkruip in jou dop, veral as jy nie iemand is wat maklik vriende maak
nie.
Ons moet besef
dat nie almal eerbare bedoelings het nie.
Baie keer kan hierdie mense hulself nie help nie. En terwyl jy nog besig is om jou wonde te
lek, gaan hul aan met hul lewe asof niks gebeur het nie.
As ons toelaat
dat hul optrede ons affekteer, word ons vergiftig en gaan daar elke keer ‘n
stukkie van ons menswees verlore.
Aanvaar liewer dat nie alle mense goeie bedoelings het nie en wees
versigtig alvorens jy jouself blootstel.
No comments:
Post a Comment