Jesaja 1:18 Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die
HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was
dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.
Hoeveel van
ons loop nie rond met emosionele letsels as gevolg van ons verlede nie? Ons kan eenvoudig nie glo dat ons vergewe is
nie. Ons bid en vra vergifnis, en ons
ontvang vergifnis, maar om die een of ander rede gaan ons altyd terug na
daardie plek.
Of dit nou ‘n
misdaad was wat jy gepleeg het, of ‘n leuen wat jy vertel het… of jy gesteel
het of gevloek het… as jy jou sondes bely en dit opreg bedoel, sal God jou
vergewe. Die feit dat jy steeds daaraan
dink en daaroor broei, beteken nie dat God dieselfde doen nie.
Indien jy jou
epos se inmandjie wil skoonmaak, moet jy shift inhou en dan ‘delete’ druk. Die stelsel sal jou vra of jy weet dat jy dit
nou permanent gaan uitwis. Sou jy net ‘delete’
druk, skuif daardie epos net na jou ‘deleted items’ end an kan jy dit weer daar
gaan haal, sou jy wou.
Ek glo dat jy
moet aanvaar dat jou sondes vergeef is en aanbeweeg…druk shift, delete, nie net
delete nie. As jy dit net delete (oftewel uitwis), is die moontlikheid daar dat
jy dit weer kan gaan haal.
Ware vergifnis
is net by God moontlik.
No comments:
Post a Comment