Efesiërs 5:28 Die mans behoort hulle vrouens so lief te hê
soos hulle eie liggame. Wie sy vrou liefhet, het homself lief,
God het die
huwelik ingestel en daaruit vloei kinders en ‘n gesin. Dis veronderstel om ‘n veilige plek te wees
waar ons leer om ‘n volwaardige lid van die samelewing te wees.
Iemand wat vol selfvertroue is, dog ander
goed behandel. In teenstelling daarmee
sien ek mans, vrouens en kinders wat geen selfvertroue het of te bang is om te
waag, want hul is as mens so afgebreek dat hul geen menswaardigheid oor het
nie.
Wie gee jou
die reg om jou gesinslede te behandel op die manier wat jy hul behandel? En nee, ek praat nie vandag net met mans
nie. Daar is vrouens wat net so venynig
is. Of jy hul nou met jou vuiste of
woorde slaan… of jy hul mishandel… of jy hul sonder kos of geld laat… of jy jou
seksueel op hul afdwing… wie gee jou die reg om hierdie dinge te doen? Is dit omdat jy eintlik ‘n boeilie is? Jy het slagoffers wat nêrens anders kan
heengaan, so hulle moet jou optrede verduur.
Wanneer het jy
hierdie monster geword? ‘n Boelie is
eintlik ‘n lafaard. Dalk weet jy nie hoe
om te wys dat jy omgee of dalk het jy nooit geleer hoe om jou gevoelens te wys
nie… Hoor my vandag baie mooi: “Daar is geen verskoning vir jou optrede nie.” Niemand verdien die lewe wat jy hierdie mense
laat lei nie… hulle wie jy veronderstel is om lief te hê en ‘n veilige huislike
omgewing te bied.
Dit gaan egter
van vandag af verander. Jy gaan vandag
nog op jou knieë en jy gaan jou sondes voor God bely. Jy gaan Hom vra om jou te verander sodat jy
die man / vrou kan wees wat God jou bedoel het om te wees. Die nuwe jy gaan jou gesin op jou hande dra,
maak nie saak hoe moeilik dit raak of hoe gefrustreerd jy raak nie.
Ek weet jy kan
dit doen.
No comments:
Post a Comment