Genesis 1:26 Toe het God gesê: “Kom Ons maak die mens as
ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die
voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die
aarde kruip.”
My Achilles
hill is beslis diere. Eerstens breek dit
my hart en tweedens raak ek ‘n ander mens as ek agterkom jy mishandel ‘n
dier.
Onlangs
verneem ek van hierdie bull mastiff wat so verskriklik mishandel is. Mense het foto’s op sosiale media gedeel en
kort voor lank is hy aangeneem. Die nuwe
eienaar het geweet hy het longontsteking en dat sy ore afgesny was, maar hy het
nie geweet watter ander verskriklike onreg hierdie dier aangedoen is nie.
Toe hy die
dier veeaarts toe neem vir behandeling van sy longontsteking, moes die veeaarts
‘n pyp in sy keel afdruk. Dis toe dat
die veeaarts agterkom dat die hond geen tong het nie. Wie ookal sy ore afgesny het, moes dit
goedgedink het om die dier se tong heel agter in sy keel af te sny.
Toe ek hiervan
hoor, was my eerste vraag: “Wie is nou
eintlik die dier in hierdie verhaal?” Jy
kan nie verwag om ‘n mens genoem te word as jy so iets aan ‘n dier doen
nie. Ek gee nie om wat die situasie was
nie, NIKS regverdig sulke mishandeling nie.
God het die
mens oor die dier aangestel, dit beteken nie dat jy die reg het om enige dier
te mishandel nie. Ek glo dat jy jou
straf sal kry, sou jy dit doen.
Genadiglik is
daar ‘n gelukkige einde vir hierdie hond.
Hy word oorlaai met liefde en hy gee sonder selfverwyt tienvoudig
terug.
Vandag wil ek
vir jou vra om dit te oorweeg om liewer ‘n dier aan te neem en hul te wys dat
nie alle mense monsters is nie. Gee hul
‘n tweede kans.
Dalk wonder jy
ook of dit toeval is dat God agterstevoor gespel ‘dog’ lees.
No comments:
Post a Comment