Isaiah 61: 7 In
plaas van vernedering sal julle twee keer soveel besittings hê as tevore, in
plaas van minagting sal julle lof ontvang oor wat julle besit. Julle sal in
julle land twee keer soveel besit as tevore en julle sal altyd vreugde hê.
As ek myself
sou toelaat, kon ek baie maklik verbitterd deur die lewe gegaan het. Ek het nie soveel geleenthede soos ander
kinders gehad nie… ek het eintlik nie ‘n jongmens lewe gehad nie omdat ek soveel
verantwoordelikhede gehad het… mense het my ingeloop, van my gesteel… my man
het my verkul…
Ek het egter
gekies om nie in die verlede te bly leef nie.
As ek werklik eerlik is, moet ek erken dat God vir my veel meer gegee
het as wat ek ooit verloor het. Wat ek
verloor het, was in elk geval nooit myne nie.
Dit was net aan my geleen. Dit
waardeur ek gegaan het, het my egter die geleentheid gegee om van God se goedheid te
getuig.
Waaroor is jy
vandag bitter? Vra jouself af of dit enige iets aan die situasie verander as jy
hierdie bitterheid koester? Ek dink die
antwoord is nee? En tog leef ons jare
lank met hierdie bitterheid saam.
Dalk het jy
veel meer rede as ek om bitter te wees.
Jy is dalk vir aanneming weggegee… jy is dalk verkrag… iemand is dalk
met al jou aftreegeld fort? Ons het
elkeen ons eie bitterpartytjie… ek het ook myne gehad, maar daar kom ‘n tyd om
aan te beweeg.
God hef ons op
en seën ons met dubbel soveel as wat ons gehad het. Gee jou pyn, seerkry, hartseer, vernedering…
elke moontlike gevoel van verlies aan Hom en laat dit daar sodat jy kan vry
wees om te ontvang wat Hy vir jou wil gee.
Ongelukkig kan
jy nie ontvang terwyl jou hande vol is van die verlede nie. Eers wanneer jy laat gaan, is daar ruimte om
te ontvang.
No comments:
Post a Comment