Spreuke 23:13 Moenie huiwer om 'n kind te straf nie, want
as jy hom slaan, red jy sy lewe
Vandag wil ek ‘n
moeilike onderwerp aanraak. Lyfstraf en dissipline.
Meeste ouers
wil nie hul kinders dissiplineer nie, want hul wil eerder hul vriende
wees. Ek kan nie oordeel nie. Wat ek wel weet, is dat dit wil voorkom asof
die gebrek aan dissipine besig is om ons samelewings soos kanker te vernietig.
Almal maak
soos hul wil. Almal het regte. Vandag is lyfstraf op skool ontoelaatbaar. Kinders verkla selfs hul ouers by die polisie
as hul getugtig word. En waar het dit
ons gebring? By ‘n generasie wat betoog
en verniel. Daar is hoegenaamd geen
respek nie.
Volgens my kan
jy jou net op regte beroep as jy besef dat daar saam met elke reg ‘n
verantwoordelikheid kom. Jy kan nie
eenvoudig jou regte toeeien en nie verantwoordelikheid vir jou optrede neem
nie.
Noudat
lyfstraf taboe is in skole, word kinders groot met die idee dat hul
onaantasbaar is, maak nie saak hoe swak hul gedrag is nie. Daar is geen repurkussie nie.
Wys my ‘n volk
sonder dissipline en respek en ek wys jou ‘n nasie wat op ‘n afgrond afstuur. As almal baas is, wie gaan klaas wees? Iemand moet leiding neem. Iemand moet mense verantwoordbaar hou.
En dit begin
by ons as ouers. Dit is ons plig om vir
kinders nie net die verskil tussen reg en verkeerd te leer, maar ook respek en dissipline. Dit is die stewige fondasie waarop enige huis
gebou kan word. Ek praat nie van mishandeling of noodwendig lyfstraf nie. As ouer behoort jy te weet watter tipe dissipline
vir jou kind gaan werk. En dieselfde straf gaan ook nie vir al jou kinders geld
nie. Met my jongste werk praat. Die oudste wil weer presies weet wat reg en
wat verkeerd is.
Net soos Oom
Angus, wil ek ook erkenning gee aan my pa wat my ‘n goeie pakslae gegee het
wanneer dit nodig was. Ek het my pa nog
nooit blameer dat hy my geraps het nie.
Dit was gewoonlik nodig en dit het net van my ‘n beter mens gemaak.
No comments:
Post a Comment