Hooglied 8:7 Strome water kan die liefde nie blus nie,
riviere kan dit nie afkoel nie
Waar eens
liefde, maanskyn en rose was, ontwikkel baie gou ‘n weersin in mekaar met meer
skaduwees en dorings.
Jy het geweet
van die hegte verhouding met haar ma of sy rook of drink gewoontes… Jy’t geweet
dat sy lief is om mooi aan te trek, alhoewel jy miskien nie geweet het jy sal
daarvoor moet betaal nie J
Jy’t geweet hy hou van gekookte kos en dit terwyl jy skaars water kan kook
sonder om dit te verbrand. Jy is ‘n oggendmens terwyl hy hou van laat slaap… hy
is ‘n aand mens en jy kan jou oë nie na nege oophou nie.
Dit wat ons na
mekaar aangetrek het, raak baie keer die grootste bron van irritasie soos die
jare aanstap. Ons begin neerhalende
aanmerkings maak of verbloem ons uitsprake met ‘n grappies wat soos dolksteke
is. Ons kritiseer en fokus op die
negatiewe… liefde verdwyn by die agterdeur uit.
Ek hoor so
dikwels: “Hoekom maak mans net die kar
se deur oop terwyl ons uitgaan?” of “Hoekom
was sy altyd perfek gegrimeer toe ons nog uitgegaan het en nou moet ek in ‘n
verslonsde vrou vaskyk?”
Daar rus ‘n
groot verantwoordelikheid op elkeen van ons om die romantiek in die verhouding te
behou.
Dalk moet jy
weer jul troubeloftes onthou? En vra
jouself af of jul kinders dit nie verdien dat jy en jou eggenoot mekaar weer
moet vind nie. Elke mens het iets goed
en mooi in hulle. Soek daarna en fokus
daarop, eerder as op die dinge wat jou irriteer.
Begin mekaar
opreg komplimenteer… kyk mekaar in die oë terwyl jul praat… gee mekaar
erkenning… dankie en asseblief is ‘n goeie begin. Betoon respek teenoor mekaar.
Wanneer jul
verhouding weer herstel het, sal dit makliker wees om oor die dinge te praat…
Wie weet dalk het die klein irritasitjies nie meer so ‘n effek op jou as jul
weer van vooraf verlief is nie.
No comments:
Post a Comment